Die avonture van

Barry Lotter

Verhale, stories en lukraak gedagtes in Mengels

?

Alles is gekanseleer

Musiek het ‘n manier om mens deur dinge te kan dra. Dit is nog altyd so, en veral in die hedendaagse shitpit van die lewe.

Onlangs hoor ek dié befokte song van Middelvinger, Francois van Coke en Hunter Kennedy. Hoekom love ek hierdie song? Want lately voel dit wragtig of alles gecancel is. Daar is ook ‘n epic voel-‘n-fok drum solo waarvan ek nie genoeg kan kry nie. Hierdie song en Dagdronk is nou nogal anthems vir ou Barry hoor… en dit is eintlik snaaks, want toe ek jonger was het ek glad nie van FPK se musiek gehou nie – go figure! Ek was so naive en onskuldig dat ek die band SkoertPolisieMotor genoem het. In any case…

Ander dag toe breek een of ander werfetter in Barry se huis in. Dis ‘n fokop of note in hierdie land waarin ons woon. Almal vra eerste vir jou of jou alarm aan was, en hoekom het jy jou EIE goed so naby aan ‘n venster gelos. Jip, dit is sommer automaties jou skuld dat iemand in jou huis in gekom het en jou goed sonder toestemming kom vat het. Volgens die bure se kameras is dit een knaap wat soos ‘n haas oor mure sonder elektriese drade hop. Hy het sy tyd gevat om ‘n venster se putty met die hand uit te haal en toe die diefwering met ‘n vice grip of iets af te breek sodat hy binne in die huis kon inkom. Hy het darem die venster in een stuk gelos so Barry kon hom net weer terug sit. Die booswig het 2x laptops, ‘n Soundbar en Barry se beursie gevat. Wanneer jou beursie in die slag bly, is die fokop honderd maal erger, want nou moet jy sekere dokumentasie laat hernu.

In Gauteng is die proses om jou bestuurs lisensie te hernu nou so in rooi tape toegedraai dat jy nie ‘n ma se kans staan nie. Jy moet ‘n afspraak maak soos met ‘n dokter. Die ANC overlords het so piece of shit website aanmekaar geslaan wat as die poster boy gebruik kan word vir “How not to build an online system”. Ek kan ‘n essay skryf oor hoe kak dit is. Die grootste boggerop is dat die “slots” wat oopgaan met die hand opgelaai moet word deur elke departement. Die persoon wat wil aansoek doen, moet dan sit en die bladsy herlaai totdat daar dan slots oopgaan. Dit is duidelik dat die business requirement vir hierdie website nie was om hernuwings te bespoedig nie, maar om ‘n arm lengte tussen die publiek en die staat in te bring. Barry het eventually maar gesettle vir ‘n lisensie kantoor wat in ‘n ander poskode geleë is net sodat ek ‘n flippen temp license kan kry en die 4-6 weke se gewag kan begin voor die jaar eindig.

Barry se brein sukkel om te verstaan hoekom hierdie tipe day-to-day belangrike goed so mission moet wees. Het die mense wat in magsposisies is regtig geen benul nie, of probeer hulle regtig die stelsel in sy moer in ry?

Daar is heelwat goed waaroor Barry nog wonder, soos byvoorbeeld:

  • Staats amptenare wie se kinders na privaat skole toe gaan. As die doos geforseer was om sy kind na ‘n staatskool te stuur sou Panyaza Lesufi seker gemaak het dat daai skool top notch was. Hierdie knaap het nogal dieselfde probleem beskryf in baie mooi engels.
  • Staats amptenare wat na oorseese hospitale toe gaan vir behandeling. As die doos geforseer was om na ‘n staatshospitaal toe te gaan sou Zweli Mkhize seker gemaak het dat daai hospitaal top notch was. Maar nee, hy is nou op special leave omdat hy sy gatsak vol geld stop (blykbaar… ok fokken verseker).
  • Staats amptenare wat met lyfwagte rondloop. hierdie lys is te lank om spesifieke mense uit te sonder. Kies maar enige een van ons LPs…

Eintlik is die engelse woord vir my beter, want ek voel dit omskryf die paradoks beter: Civil Servant met die klem op Servant. Erens along the line het twee goed gebeur. Servants het masters geword, en die publiek het ophou dink. Net laas week luister ek per ongeluk na Julius Malema se EFF manifesto (Barry was in die hartjie van Noord-Wes en RSG was al wat wou opvang). Die absolute, blatante leuens wat uit die knaap se mond gekom het het my verstom. Die retoriek in sy toespraak was bitter goed geskryf. Klem op al die regte woorde, soos FREE EDUCATION. Alles was geprefix met FREE. Nou Barry is nie Dawie Roodt nie, maar ek weet beslis dat ons klein ekonomietjie nie sulke tipe free goodies kan bekostig nie. Boonop waardeur mense nie goed wat hulle gratis kry nie. Nie ryk mense nie, en ook nie arm mense nie (sien artikels oor toilets en RDP huise). Mense glo die kak wat die politikuste praat, want mense is desperaat.

Die belasting basis krimp nog steeds, en die amptenare begin desperaat raak. Arrogansie en onverskilligheid is aan die orde van die dag. Dit is ‘n resep vir sosiale onrus en groot ongelukkigheid. Mens kan nie eers meer vir die DA stem nie, want dit wil voorkom of hulle al hulle heavyweights verplaas het na die Wes Kaap toe en gaan nou hulle “last stand” daar maak – Cape Independence. Mynsinsiens is dit in elk geval ‘n crappy idee. Barry is nie seker wat ons gaan doen nie, maar die feit bly staan dat die rainbow nation bitter vinnig besig is om in die shithole nation te verander.

Lig jou mening. Kliek 'n emoji om aan te dui hoe jy voel.
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0

- end -