Die avonture van

Barry Lotter

Verhale, stories en lukraak gedagtes in Mengels

?

Barry se handige gids vir besluitneming oor nuwe aanstellings

Om nuwe mense aan te stel is nie altyd maklik nie… maar as jy Barry se pointers volg, gaan jou lewe oneindig beter wees!

Barry doen nogal baie interviews. Ek interview die hele fokken tyd.. nes ek dink ek is klaar met interviews, dan bedank een of ander moegoe en dan interview ek alweer. Ekt darem bietjie hulp. Ons gebruik van hierdie plasings-agentskappe om vir ons “talent” op te spoor.

Plasings agente is soos pimps. Hulle jag kandidate op LinkedIn en ander platforms en oorreed hulle dan om hulle huidige werkgewer die vinger te gee en by ander plekke te gaan werk. Oor die algemeen verdysel hulle die kandidaat se huidige salaris en sit so tussen 5 en tien duisend rand by die “expected salary” wanneer hulle vir jou die CV stuur.

Plasings agente irriteer eintlik almal. Die CVs wat hulle stuur is vol foute en die pimps maak ook konstant foute soos om die verkeerde persone na die interviews toe te nooi en soos hul gatte te spel, veral op Whatsapp. Om ‘n plasings agent te wees is ‘n hond eet hond afere. Elke nou en dan kry jy prospecting email of oproepe van jou agent se kollegas af; hulle voel letterlik ‘n fok vir mekaar.

Barry weet nou al mooi hoe werk die game, en ek gaan jou nou so paar tips gee sodat jy ook kan wise word!

Tip 1: Moenie eers daaraan dink om ‘n plasing op LinkedIn te sit nie.
Daar is nie genoeg server spasie op LinkedIn se servers om al die Friend Requests te stoor wat jy uit Indië ontvang nie. My maat, elke een belowe jou die son, maan en sterre in die “Let’s Connect” boodskap. Dit is ‘n absolute joke. Boonop respond niemand wat in jou streek of selfs jou land woon nie, so eintlik lyk jy net soos die ou by ‘n partytjie wat heeltyd by almal se chats probeer inval maar eventually alleen in die kombuis opeindig en maar solank begin skottelgoed was uit verveeldheid uit.

Tip 2: Om slim te wees is goed maar groot tiete is goederer.
Stel daai girl aan met die groot boobs. Die woestyn van die lewe (en werk) is droog genoeg so maak die tuin om jou mooi. Kort rokkies, hot pants en groot boobs maak dit lekker om by die kantoor te wees. Die ergste wat kan gebeur is dat die girl gereeld op fok, en jy haar aksies moet beskerm of verduidelik. Eventually sal sy op performance review geplaas word, en dan INTERVIEW jy maar weer, en stel weer een aan met groot boobs. Wash, rinse, repeat! As jy baie lucky is sê sy dalk jammer op allerhande kreatiewe maniere…

Tip 3: Hire for culture, train for purpose.
Hierdie een is eintlik moer belangrik. Iemand wat ‘n doos is op papier gaan ‘n doos by die werk ook wees. Wees versigtig! Iemand met ‘n effense laer IK maar ‘n moerse goeie attitude sal jou beter serve. Jy gaan wil met die persoon interact en meeste van die tyd gaan hulle more or less die werk reg doen. Soalnk jy nie van die middle-order batsman ‘n century verwag nie, gaan julle ok wees. Daai persoon sal heel moontlik baie langer by jou werk ook want hulle is effens minder ambisueus.

Tip 4: Vermy job hoppers
Hierdie een is nogal moeilik, veral wanneer jy desperaat is omdat die klient ‘n nuwe deadline uit hulle agter ente uit getrek het. ‘n Job hopper is 24 (baie jonk), het ‘n BsC of BCom van een of ander aard maar het al by 6 of 7 companies gewerk. Elke “reason for leaving” lui: Looking for career growth. Kak man. Looking for more money is eintlik die ware verhaal. Trust jou gut op hierdie een (en vir ou Barry) en gee dit maar ‘n skip. Die tipe kandidaat lyk gewoonlik baie goed op papier maar is heeltemal underwhelming in lewende lywe. Hulle is ook geneig om jou aanbod na hul line manager toe te vat om dan nog ‘n ekstra bump in salaris te kry.

Tip 5: Google stalk jou kandidate
So net voor covid als op gedonder het interview ek ‘n kandidaat. Ouerige toppie met flippen baie ondervinding. Die man is beleefd, antwoord al die vrae mooi en hy dring deur na die tweede ronde toe waar hy ‘n assessering moet baas raak. Sy assessering’s skatting is spot-on en ou Barry begin opgewonde kriewel in sy stoel want sulke tipe kandidate kom nie gereeld verby nie. Bietjie tyd om to Google stalk en wat kry ons? Die man was vervolg vir die besit en verpsreiding van kiddy porn. Loer soveel jy kan, veral op die socials – jy sal soms verbaas staan oor wat jy kry.

Hierdie is nou maar ‘n paar tricks wat Barry geleer oor tyd wat my sover handig te pas gekom het. Aan die einde van die dag moet jy maar self besluit met wie jy jou 8 of meer ure elke dag by die werk wil spandeer.

Lig jou mening. Kliek 'n emoji om aan te dui hoe jy voel.
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0

- end -