Barry like om mense kak te gee. En ek is fokken goed daarmee. Ek probeer nie eers regtig nie. Iemand hoef net iets te sê, enige iets, en dan kom daar ‘n pun, of ‘n joke, of ‘n song of ‘n one liner in my kop op. Ek weet nie hoekom of hoe dit gebeur nie. Ek weet ook nie of dit iets is wat subconsciously geoefen het deur die jare nie. Die feit bly staan, as Barry die dag lus is, kan hy jou opfok met woorde.
Barry het al baie frenemies gemaak so. Veral introverte is geneig om heeltemal weg van my af te bly wanneer hulle my ontmoet het en die skerp punt van my humorsin gevoel het. Soos ek reeds gesê het, ek doen dit genuinely nie aspris nie. Dit help ook nie dat ek verbal diarrhoea het nie. Introverte en nerds wat by ‘n werksfunksie begin gemaklik voel en dan uit hulle kassie kom om saam te praat het ook al deur geloop, menigmale. Barry is nie trots daarop nie en het al gewonder of hy nie dalk op die Autisme spektrum is nie, want dis letterlik soos om Tourettes te hê – dit kom net uit!
Barry was eendag op die skietbaan saam sy pa. Die manne het IPSC geskiet. Oor die algemeen is die 9mm manne en die .45mm manne soos die Ford en Toyota manne. Myne is beter as joune, etc. Ek weet nie of jy al ‘n .45mm doppie gesien het nie? Hulle is nogal groot, heelwat groter as die van die 9mm. Nou ja, daai dag nadat ‘n .45 man klaar geskiet het en die ouens loop en doppies optel maak Barry die opmerking, kliphard voor almal daar met ‘n straight face, dat die ouens tog versigtig moet wees want ‘n volgroeide man kan maklik oor die moerse doppies trip en val wat die .45 uitgooi wanneer mens skiet. Die 9mm manne het geskater van die lag, en ekt vir ‘n oomblik gedink ek gaan moet cover vat want die .45 knape was glad nie impressed nie.
Werk meetings is ‘n fokop. Ek kan eenvoudig dit nie ernstig genoeg vat nie en wil kort kort ‘n wise crack of iets ingooi. gooi nou nog kliente in die mix in die meeting en Barry moet sy heel beste doen om net te shutup. As jy is soos Barry besef jy hoe min mense hulle woorde consider. Soms werk dit in my guns. Een van Barry se goeie pelle het hom geleer dat mild self deprecation ‘n baie goeie manier is om ‘n stywe meeting te laat ontspan en om die mense te kry om te ontspan. Ek gebruik daai trick gereeld. Die ergste meetings is met mense wat baie hoog op is in corporate maatskappye, soos Standard Bank en so aan. Daai ouens vat dinge moerse ernstig so dis ‘n absolute mismatch vir Barry.
Barry is ingesteld op die taboos, inuendos en stereotipes. Dit maak regtig vir die beste komedie omdat niemand wil erken dat hulle in ‘n kategorie val nie (want almal is mos uniek en spesiaal). Een van die Indiër knape by die werk is ander dag by ‘n Mercedes track day gewees op uitnodiging van die klient af. Dié stuur toe vir ons ‘n video waar hy ‘n moerse duur Merc om die baan ry. Wat sê Barry toe: “Ek is verbaas jy kon even daai Merc aan die gang kry, want “julle ouens” (wink wink) ken mos net van Volkswagens ry…”. Nou ja, toe rol die oë alweer. Incidentally DOEN ry hy ‘n VW…
Soms ontmoet Barry sy match. Veral met mense wat Barry fisies dreig. Ek dink nie hulle beskik oor die breinkrag om die speletjie aan die gang te hou nie. Ek dink ook nie hulle besef dis net ‘n game nie. Barry is ‘n lover, nie ‘n fighter nie so ek buig dan gewoonlik uit en gaan soek iets anders om te doen. Ander mense kap terug en is sommer dadelik gemeen – weereens, ‘n coping mechanism dink ek. Attack is the best form of defence. Maar soos meeste amateurs is dit dan net plein ongeskik, en nie snaaks nie. Deur die jare het Barry darem al beter geraak met dit. Maar dit kom ongelukkig teen ‘n prys. Barry moet letterlik die mees gemaklikste deel van homself toesluit in ‘n kassie met ‘n baie klein venstertjie en dan daar staan en smile soos ‘n doos terwyl een na die ander grappie, pun, comeback en jab deur sy kop vlieg. Dit maak Barry ongelukkig want hy moet al daai comedic gold vir homself hou.
Met die dat mense nou remote werk, is dit nou nog ‘n slag erger. Wanneer Barry dan tussen mense kom moet hy bitter versigtig wees om nie dadelik die hele lot byna eensklaps in groepsverband af te pis en kak te gee nie. Ek is soos ‘n klein hondjie wie se eienaar by die huis gekom het, ek kan nie wag om met almal te speel nie. Barry werk nou al ‘n geruime tyd by sy huidige werkgewer so die mense ken hom al. Soms laat hulle dit toe en probeer halfhartig terug baklei, maar meeste van die tyd ignoreer hulle hom maar net of rol hulle oë. En dit is fine, ten minste besef hulle waaroor dit gaan. Maar die fok weet, die introverte is vir Barry ‘n sitting duck. So ek vermy hulle maar sover ek kan.
Mense noem seker vir Barry ‘n boks agter sy rug en dit is OK. Want Barry doen dit nie aspris nie. Barry het ook geen bybedoelings daarmee nie. Miskien sou Barry ‘n goeie standup comedian gemaak het in ‘n ander lewe juis omdat kommentaar lewer so maklik kom vir hom. Dalk is dit die high wat Barry voel wanneer die grap onskuldig en accessible genoeg is en almal lag saam. Die dopamine vloei, en mense ontspan, en almal geniet hulleself. Barry mik om daai sweetspot meer gereeld te slaan, en hopelik eendag daai kuns te bemeester.
- end -
