MBarry se laaitie word 11 hierdie jaar. Hy is nou nie meer eintlik klein nie, maar hy is beslis ook nog nie groot nie. Dit is nogal ‘n vreemde tyd in ‘n jong man se lewe.
Nou kom ons kry nou net ‘n paar feite agter mekaar. Fabiano hou van drie dinge: Speel, stories kyk oor super helde, die natuur en dinosaurusse, en teken. Hy wil eendag ‘n strokiesprent kunstenaar wees. Fabiano het dan ook sekere sensoriese en proseserings probleme waarmee hy saamleef. Skool en tale is vir hom onsmaaklik. Dit verg ‘n enorme hoeveelheid inspanning om net net onder die gemiddeld te wees. Dank die Here dat ek en sy ma vir hom ‘n skool kon opspoor wat spesialiseer in hierdie tipe dinge.
So gepraat van skool, laat ou Barry nou vir jou een ding vertel. HIERDIE land se Departement van Onderwys kom nogal ver onder die gemiddeld in wanneer dit by skole en onderwys kom.
Fabiano en sy suster was albei op ‘n stadium in hoof stroom skole, maar dit was van korte duur. Jou grondslag fase is baie belangrik vir enige kind – want dit lê die grondslag van die res van sy skool loopbaan. Die skole volg die CAPS curriculum – soos Covid is dit nog iets wat ons blykbaar van die Chinese af ge-erf het. Nou China is ‘n eerste wereld land. Almal drink dieselfde kool-aid daar. Dis ‘n nasie wat gedisiplineerd en militer is. Daai kindertjies is so slim, hulle praat al Chinees vandat hulle 2 is! Het jy al Chinees of Mandarin gehoor… BRA! Dis next-level taalkak daai.
In any case, so ons versukkelde veertigste wereld land probeer nou ook hierdie curriculum volg, want ons wil wereldklas wees.. dit is ‘n oksimoron! Jy kan nie in ‘n rolstol aan paalspring deel neem nie, liewe minister van Onderwys! FFS hier gaan ek alweer aan oor die Departement…
Fabiano like nie van slaap nie.. of ten minste, sy brein los hom nie lank genoeg alleen om aan die slaap te raak nie. Ons het nou al sover gegaan as om ‘n moerse smart bed vir hom aan te skaf, met ‘n grand kussing, ‘n nuwe Marvel heroes duvet cover en katoen linne… dink jy dit maak ‘n verskil?! Jy dink verkeerd.

Kid Vader… ek vermoed dis hoe Fabiano dink hy lyk
Nee, ek vermoed dat my laaitie, wanneer die son sak, die pos opvat as die leier van die Rebellie teen Soete Slaap (Die RSS). Darth Vader is een van sy gunstelinge, so ek vermoed hy dink hy lyk soos ou Darthie-poo. Deel van sy komplot is dan ook dat hy in die bed klim, die ligte afsit, vir ‘n halfuur daar lê en die dag se gebeure proseseer, en dan opstaan en vir ons kom sê dat hy nou ‘n moerse wilde nagmerrie gehad het. Jy kan nie ‘n nagmerrie hê as jy nie slaap nie my seun!
So elke aand wanneer ek en vroulief nou ons sit wil kry na al die dag se dinge, sit ons in spanning en wag vir meneer om by die gang deur uit te kom en sy Rebellie af te skop. Soms is ons gelukkig, en hy bly in sy kamer, vermoedelik met sy oë toe en sy brein in neutraal. Meeste aande moet ons maar die Imperial March verdra van ‘n slaaplose rebellie leier.
- end -
