So hier in die buurt waar ek woon het ons ‘n sekuriteit Telegram groep, waar daar al menig male herhaal is, oor en oor, dat die groep daar is vir nood situasies, en egte gevalle van gedrang. Omdat ons gelukkig genoeg is om off-site monitoring te hê, is die maatskappy se werknemer ook op daai groep, en sodra iemand iets daar op sit, spring hulle in, en cycle deur al die kameras om die nodige inspeksie te doen en dan ‘n voertuig te stuur om te gaan kyk wat die situasie is.
Maar ja, elke tweede dag sit iemand iets op daai groep wat nou maar glad nie relevant is nie. Soos vanoggend, toe post iemand hierdie lekker nommertjie vir ons almal om te sien.
Ek mind nie The Kiffness se goed nie. Dis tong in die kies en gewoonlik redelik coherent en snaaks. Maar my fok Marelize, hoekom sal jy dit nou op die Telegram groep vir sekuriteit sit? Ek meen, dit gaan my verstand te bowe! En dit gebeur nie net op Telegram nie. Kyk maar na jou ouers, of na jou ouma – allerhande onsin wat hulle aanstuur. ‘n Muis wat ‘n veldblom ruik met die woorde “Hê ‘n heerlike dag!”. What. The. Fuck.
As ons nou teoreties wil staan en raak oor dinge, kan ek aan ‘n paar potentiele redes dink hoekom mense goed soos hierdie willy-nilly op klets apps sit.
- Jy is dom, of ten minste het jy ‘n laer as algemene IK, en word maklik vermaak, en jy voel dit is jou plig om onsin met die wêreld te deel. Aan die einde van die dag is dom en lelik nou regtig nie jou eie skuld nie, dis maar die hand wat die natuur jou gedeel het.
- Die aanlyn wêreld is vir jou oorweldigend, jy kan eenvoudig nie die aanslag van al die multimedia teenstaan nie. Deesdae word als mos met die bevel gevolg van “Share this now” of “Hit subscribe now”, so jy is kwesbaar vir ‘n random dude wat jou instruksies gee, en jy volg dit. Jy sal goed vaar in die weermag, en jou voorreg tot sosiale media moet eintlik ingeperk word.
- Die informasie era veroorsaak ‘n absolute information overload, so ons kan nie by bly met elke boodskap nie, en dus sien ons nie elke boodskap nie, so ons gaan blisfully unaware deur die lewe dat die toestel in ons hande eintlik die kak uit ander mense kan irriteer sonder dat ons dit besef.
- Jy het uitgevind dat jou Whatsapp ‘n “broadcast to all” feature het. So jy lees in fact NIKS van die goed wat mense jou stuur nie (want fok hulle, mos), maar jy broadcast met plesier selfvoldaan jou prentjie van ‘n kersie wat op ‘n spieelglad oseaan dryf met die hele Psalm 91 daarop. Later wonder jy hoekom jy net 3 mense in jou Whatsapp contacts oor het…
Sonder om nou na ‘n biased ou bigot te klink, maar ek sien veral hierdie tipe ding onder die ouer garde. Die generasies vir wie tegnologie vreemd is, en hulle maar eintlik net in die splash pool van technology op hulle boude sit en hulle voetjies so van kant tot kant waai in die louwarm water van Facebook updates en Maroela Media se comments afdeling. Wanneer mens hulle dan aanspreek, wip hulle hul gatte en post dan eers weer oormore ‘n prentjie van Keanu Reeeves met twee sinne van oneindigende wysheid wat hy klaarblyklik kwyt geraak het.
Jonger mense (Ek skeer nou almal onder 45 onder dié kam) lyk of hulle darem nou al besef wat is wat. Selfs die heel jonges is nie meer so gullible nie. Miskien begin ons in geheel nou te mature wanneer dit by dinge van tegnologie kom. Kyk ‘n ou kry maar altyd outliers, dit is onvermydelik. Mense wat eenvoudig dit net nie snap nie.
Aan die einde van die dag is die ingangs kaartjie vir die technology show eenvoudig of jy ‘n slimfoon of rekenaar kan bekostig met ‘n internet konneksie. Dis al. Daar is geen ander pre-requisite buiten dit nie. Met selfs die goedkoopste slimfoon kan enige ou nou ‘n seepboks hê om op te staan.
- end -
