Welkom by Volume Een van Lukraak gedagtes wat in Barry se brein opkom. Kan ook ‘n grappie, of ‘n formule, of ‘n besigheids idee wees…. Only time will tell! Enjoy!
– – –
WTF is dit met Karate…? Dis moontlik een van die mees nuttelose skills om te hê as jy in Suid Afrika bly, want jy mag nie actually aan mense slaan nie! Barry het ook nog nooit enige iemand ontmoet wat karate doen wat hoegenaamd so mystic en centered is soos Bruce Lee nie.
Hoekom is dit so moeilik om vrede te maak met goed wat buite jou beheer is…?
Hoekom word mense soos hul lewensmaat wanneer hulle getroud is. Die rolle ruil eenvoudig net om. Weird, ou!
Hoekom bother Apple en Android met OS upgrades…? Niks verander nie, dit lyk net anders en jou foon of rekenaar word stadiger met elke release.
Barry dink nie dat Toyota al ooit daai klein horlosietjie in hul karre verander het nie. Selfde kleur groen, selfde knoppies, selfde display.
Gaan daar ooit weer politikuste wees wat actually belang stel om die samelewing te bedien en besluite maak vir die greater good? Gaan mense ooit weer (in SA) vir iemand stem wat nie ‘n vuilgoed is nie?
Hoekom kon Barry nooit voorheen Spoegwolf luister nie, maar nou is daar ‘n kakhuis vol van hulle songs in my favourites?!
Hoekom sê oumense en mense wat op hul doodsbed lê nooit vir jou HOE om ‘n gelukkiger lewe te hê nie, net dat jy moenie geld najaag en so baie werk nie… (UHH want als is makliker as jy geld het?? AMIRITE?)
Hoekom is mense wat nie hul arms swaai wanneer hulle loop nie so weird? Without fail.
Grappie: Waarheen gaan mans (en lesbians) om meer te leer oor seks?
Antwoord: ‘n Labiatorium
Hoekom is die kinders en tieners in movies altyd so lewenswys, en opgewek, en altyd oppad na een of ander oefening of byeenkoms toe..? Barry s’n sit heeltyd na die televisie of iPad en staar en kan wynig basiese vrae antwoord of self probleme oplos. WDF doen Barry verkeerd?!?
Hoe is dit moontlik dat ‘n hof kan beslis dat ‘n “terminaal siek” Jacob Zuma kan staan as ‘n kandidaat vir ‘n politieke party in opkomende verkiesing…? As dit nie ‘n blatante “fuck you” is aan elke burger nie, dan weet ek darem nie!
As Barry ooit sy breins sou uitblaas sou ek dit op hierdie song doen met headphones op my kop (Ek sal mooi mik om hulle nie raak te skiet nie)
John Popper speel met 14 verskillende mondfluitjies:
- end -
