Hoekom is daar so baie mainstream goed wat net eenvoudig kak is?! How do I hate thee, let me count the ways:
- Outlook
Moet ek even hier iets skryf…? Outlook het hier in 1998 êrens op die mark gekom. Nou given, rekenaars daai tyd was baie stadig en baie eenvoudig. Maar in 23 jaar kon hulle nie die program beter maak nie. Veral search. Search is een van die mees gebruikte features van email, tog is dit hit and miss. Die grootse skop in die ballas vir Outlook is dat die Mac weergawe beter werk as die PC weergawe. ‘n Program wat gebore is op die PC, werk beter op die Mac. Go figure. - Android
Met 2.5 miljard gebruikers wêreldwyd sou mens dink hulle het soveel data dat hulle wraggies nie ‘n voet sou kon verkeerd sit nie. Maar dit is nie die waarheid nie. Android is tos om te gebruik. Lelike interface, alewig stadig met veral goed soos galleries kyk… dis eenvoudig net ‘n onaangename OS om in vasgevang te wees. Dan kry jy die Samsungs van die wêreld wat hulle bloatware bo-op die OS bou. Niemand soek dit nie… niemand het vir dit gevra nie. - Suid Afrika
Wat meen jy?! Suid Afrika is mos mainstream. Soveel so dat amper al die Zimbos al hierheen gevlug het – moerse mainstream. Ek gaan net hierdie stelling hier laat, want jy weet self hoe kak dit is hier.- Eskom
Ek gaan hierdie ook net hier los.. want jy weet hoekom.
- Eskom
- Social media
As jy sê dat social media nie kak is nie is dit omdat jy jou geld verdien daaruit of jy het ‘n Facebook profile waarby jy nooit inlog en met niemand engage op social nie. Social media verwoes die mensdom. Dit fok jou brein op en steel die enigste ding wat ons as mense regtig het: TYD. Die statistieke is staggering maar ons spesie kan eenvoudig nie onsself van dit af wegruk nie. Sit bietjie daai screentime ding op jou foon aan en staan dan verbaas oor hoeveel tyd jy op ‘n dag spandeer om na jou skerm te kyk. Jy sal, net soos Barry, dit eers nie glo nie.. en dan sal jy ook begin besef ons sal moet plan maak êrens. - Politiek, politikuste en regerings
Barry moet eintlik hierdie een heel eerste geskryf het. Die enkel grootste verwoestende force op hierdie aarde is regerings. Mense wat inteligent genoeg is om verkies te word, en dan heeltemal verdwyn en niks verder doen nie. Miljard is die nuwe miljoen. Het jy geweet dat Suid Afrika ‘n vise-president het?? Yup. Het jy al ooit sy naam gehoor in die media of enige plek? Nope. Hy verdien ook nie R25 per uur nie, dit kan ek jou guarantee. Hier kan jy die salary brackets van ons kabinet sien. Maar Suid Afrika is nie die enigste een wat gebukkend gaan onder kak regeerders nie. Australië se regering is besig om die hele eiland te ontgin, te frack en op te donner. Rusland en die Europeërs krap aan mekaar se gatte, iemand daar wil net oorlog maak. Ek het dit self nog nie beleef nie, maar soos ek verstaan is oorlog ‘n moerse onaangename afêre. Suid Amerika se regerings doen fet mooi nokol om hulle lande beter te maak nie, soek dit maar op. Brazilië veral. Puerto Rico is nou nog ISM na die twee orkane wat daar deur gedraf het. Hoe dieper mens in die oerwoud ingaan, hoe slegter raak dit. - Inflasie en belasting
Elke ekonomie het dit, en dit veroorsaak net kak vir almal. hier is so paar tipes belastings wat mens betaal in Suid Afrika:- Air Passenger Tax
- Capital Gains Tax
- Corporate Income Tax
- Diamond Export Levy
- Dividends Tax
- Donations Tax
- Estate Duty
- Excise Duties and Levies
- International Oil Pollution Compensation Fund Levy
- Mineral and Petroleum Resource Royalty
- Pay As You Earn
- Personal Income Tax
- Provisional Tax
- Securities Transfer Tax
- Skills Development Levy
- Transfer Duty
- Turnover Tax
- Unemployment Insurance Fund
- Value Added Tax
- Withholding Tax on InterestDink net aan al die dinge wat jy sou kon gedoen kry sonder om soveel belasting op als te betaal nie…
Daar is nog baie goed wat mainstream is wat kak is.. Barry sal bietjie hierdie lys groei oor tyd, tensy dinge natuurlik beter word. Maar die kans is skraal vir dit.
Lig jou mening. Kliek 'n emoji om aan te dui hoe jy voel.
+1
+1
+1
+1
+1
+1
- end -
