Die avonture van

Barry Lotter

Verhale, stories en lukraak gedagtes in Mengels

?

No way home

Barry kyk die nuwe spidey movie.. en het obviously ‘n opinie daaroor…

Barry is nogal ‘n fan van die MCU. Die karakters is maklik om van te hou en daar is humor te vind om elke hoek en draai. Die wereld van DC is te donker en emo na Barry se liking, ek kyk eintlik net Batman movies. Die nuwe een, “The Batman”, het vir emo posterboy Robert Pattinson as Batman – point in case. Die Joker movie – emo fest, maar ten minste het dit die evolusie van die kroek baie goed geframe en selfs ‘n bietjie Stockholm syndrome ontlok by die kyker. Justice League, eish, baie intense. Die beste ding van DC is Harley Quinn (wink wink)…

Foto van hier af gevat

But I digress…

Die nuwe spidey movie is ‘n mengsel van ongelooflike CGI en cringey, los-gestikte storie lyn. As jy nog nie die fliek gesien het nie, bookmark hierdie bladsy, en kom dan terug wanneer jy wel het. Ek gaan so paar massiewe plot holes en slegte keuses uitwys. Ek sal ook oor die cool goed praat, OK!

Cool goed:

Spidey en Strange fok rond met ‘n spell en bring n klomp dudes van die multiverse af na hulle timeline toe. Dit in homself is ‘n baie cool konsep. Ons het dit wel gesien in Spiderman Into the Multiverse waar Miles Morales klomp (awesome) alternate universe Spideys kry om ‘n paar baddies hemp-af te maak.

Die drie spideys wat helaas saam baklei is almal bekendes wat voorheen Spidermen was. Andrew Garfield het ‘n baie goeie vertoning gegee. Tobie Macguire, hmmm, not so much. Wanneer ons hom die eerste keer sien kom hy half voor asof hy die mense in die scene ‘n moerse guns doen om daar te wees. Hy lyk ook heeltyd onseker of hy moet sy hand opsteek vir goed. Wanneer dit by die gatskop deel aan die einde kom ruk hy homself darem reg en speel sy rol goed.

Green Goblin het ‘n makeover gehad. Die nuwe uitrusting lyk awesome, haggard en grof en thrifty (want hy het nie toegang tot sy geld en laboratorium nie) om die interne worsteling uit te beeld. Dafoe se vertoning is foutloos, hy maak die spronge tussen Goblin en Norman Osborn soomloos, en wanneer hy Goblin is, is hy eenvoudig genade- en gewetenloos!

Kak goed:

Wanneer Strange en Peter die memory loss spell doen is hulle soos twee seuns wat nou net ‘n Hustler in hulle pa se bedkassie ontdek het. Jy sou dink dat twee ouens wat in die ruimte was, aliens baklei het en die hele wereld gered het die “thousand yard stare” sou hê by die tyd, maar nee. Hulle rush in die spell in sonder om regtig daaroor te gesels of selfs ‘n game plan te hê. Nadat Peter die eerste keer ‘n stok in die speke van die spell gesteek het moes Strange gesê het hokaai, wag nou.. kom ons dink gou oor wat ons eintlik wil doen hier! Die hele storie verder hinge op daai een oomblik wat, quite frankly, ill conceived is i.m.o.

Toby Macquire se performance tot en met die laaste battle is regtig swak.

Ned figure uit dat hy het magical abilities en Peter zik Strange se ring en gee hom vir Ned. Klaarblyklik kan Ned portals oopmaak, maar hy het geen freaking clue “hoe om hulle toe te maak nie”.. uit vorige flieks uit het mens blykbaar soveel fokus nodig om portals oop te maak, en Ned verloor baie vinnig fokus maar die portals bly oop. KAMAAN! die goed moes barely oop gegaan het in die eerste plek.

Flint Marko is nog steeds ‘n piss poor villain… hy maak net stof oral en maak Happy se pad vol sand.. what a loser.

Die scene waar Spidey vir Electro vang is heeltemal OTT. Daai scene is grootendeels net CGI. Waar hy inswing, waar hy rond loop in die bos.. als CGI. Gewoonlik is die Spidey darem ‘n mens, maar nie in die scene nie. Sy kamera op sy bors bly ook intact nadat hy geshock word deur ultra-hoë voltage.. Electro se mens form is ook nou ‘n ripped en buff Jamie Foxx, nie ‘n loser electrical engineer met ‘n comb over vanuit die ander dimension nie. Hy is die enigste een wat nie sy ou form gehou het nie.

Wanneer Spidey en Goblin in die woonstel kompleks baklei raak shit hiper onrealisties. Goblin duik vir Spider man deur ‘n klomp vloere van die kompleks met min moeite. KAMAAN! vloere is moer duk konkryt met reinforcing in. Duik deur een vloer, sure, ok, maybe. Alle physics is op vakansie gestuur met die een though wanneer Spidey en Goblin soos Juggernaut deur die vloere ploeg.

Spider man se Aunt May pla my al van die eerste movie af. Hot aunty wat nie regtig veel ouer as Peter lyk nie.. hmm, I think not, baby puppy. Beslis ‘n eye candy komponent. Flash was, volgens Barry, ook verkeerd gecast. Hy is nie ‘n boelie nie, hy kom eintlik net voor as ‘n loser wie se ouers baie geld het waarvan niemand eintlik hou nie, maar wat vir een of ander rede altyd in die shot is.

Waneer die time-space continuum oopskeur en die multiverse se mense begin verskyn is daar allerhande snaakse karaketers in die skeur. Van die mense het uit dun lug uit verskyn, en ander het ‘n moerse dramatiese entrance. Dit maak mos nie sin nie? Of permeate die spel deur die multiverse teen ‘n slakke pas? Ook wanneer almal nou kwansuis van Peter vergeet, maak die skeur toe en al die outjies gaan huistoe.. weereens verdwyn “sekere” van die karakters op dramatiese manier, en ander verdwyn net eenvoudig. Booo!

Was dit ‘n goeie movie? Maybe. Is dit enjoyable? As jy ‘n superhero movie fan is, beslis. Die plot hole met die spell is major though. Hoekom nie net van Spiderman laat vergeet nie? Nee, almal moet van Peter Parker vergeet.. dis kortsigtig en ondeurdenk deur die twee heavyweights Parker (proclaimed genius) en Strange (the best of all of us). Ek vermoed dat wanneer fans tyd het om dit te oordink, hierdie een dalk nie so goed gaan afgaan in die geskiedenis van die MCU nie.

Lig jou mening. Kliek 'n emoji om aan te dui hoe jy voel.
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0

- end -