Die avonture van

Barry Lotter

Verhale, stories en lukraak gedagtes in Mengels

?

Gedig – Sy is

Vir ‘n spesiale iemand

Sy is ‘n enigma
vol verhaaltjies van parties en pelle.
As jy dink jy ken iemand,
sy ken mense.

Sy is ‘n ongeluksvoël
noem dit, en sy het dit al oorleef.
Maandag kom met ‘n merk op haar gesig;
dit komplimenteer haar glimlag.

Sy is braaf
maar vertrou te maklik.
Haar sagte hande ken van afstof en opstaan…
en weer probeer.

Sy is musiek,
Soms System of a Down, soms Post Malone.
Haar melodie kronkel in pas,
haar sitausie die dirigent.

Sy is liefde
haar glasblou oë kan dit nie wegsteek nie.
Selfs haar kwaad voel soos ‘n blessing;
vergifnis is haar middelnaam.

Lig jou mening. Kliek 'n emoji om aan te dui hoe jy voel.
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0
+1
0

- end -